NuL het ‘n studio, waar ons al ons CD’s maak, rondspeel met allerhande weird goed wat geraas maak, en nou en dan werk vir iemand doen. Ons het oneindig baie ondervinding in alle aspekte van klank – ons record en mix bands, ons skryf soms jingles, kenwysies en atmosferiese musiek, ons doen final mix vir televisie, haal geraas van voice-overs af, as dit byvoorbeeld nie by ons opgeneem is nie, en allerhande sulke goed. (Daar’s rumours wat rondloop dat ons die Black Box van die Tupolev Tu-134 gedokter het. Dis nie waar nie, ons was toe in standerd vyf.)
Ons het ook ondervinding in video produksie, en kan min of meer enigiets doen (van TV reekse tot advertensies), maar ons hou die meeste van musiekvideos. Dit beteken dus as jy met ‘n musiekvideo-konsep na ons toe kom, en ons hou daarvan, gaan ons tien teen een vir jou ‘n moerse afslag gee…
As jy ‘n idee wil kry van wat ons al gedoen het, luister na al ons eie musiek. Dis ‘n sprekende voorbeeld. Anders, skiet oor na PIT Produksies se website toe. Ons is PIT Produksies se tegniese regterarm.
Kyk gerus na ons pryse hieronder.
* Final Mix – R600 per uur
* Klankontwerp – R600 per uur
* Foley – R600 per uur
* Dubbing – R600 per uur
* Musiek en Jingle Komposisie – R700 per uur
* Voice Over Recording – R600 per uur
* Kamera, met Operateur en Klanktegnikus – R3000 per dag
* Video Editing – R600 per uur
* Visuele versorging (kleur, ens) – R800 per uur
* Master kopie op CD – Gratis
* Master kopie op DVD – Gratis
* Session kopie op hardeskyf (klient verskaf hardeskyf) – Gratis
Pryse sluit BTW in teen 14%