Die reggae-groove in hierdie liedjie het ek gerecord vir die “Plaaspadliedjie” vir die reeks Blikskottel op KykNet. (Ek het ‘n stukkie spons by die kitaar se brug onder die snare ingedruk om die funny muted klank te kry). ‘n Paar jaar later was dit tyd vir ‘n recycle, en ek het dieperige woorde daarvoor geskryf. Die woorde sal jou vang of nie, maar moenie te veel daaroor worry nie – dis eintlik net klanke.
As jy wil, kan jy hierdie liedjie remix.
Woorde, Musiek & Vocals: Adriaan Pelzer
