Twee is ons tweede CD, en die eerste een wat ons deur die gewone kanale versprei het. Hier het NuL se klank meer volwasse geraak, en al die random eksperimentering het plek gemaak vir ‘n harde EBM/Industrial Metal klank. Al die songs op hierdie CD het ook vocals by, anders as op EeN. Meeste van die materiaal op hierdie CD is deur Adriaan Pelzer geskryf en gerecord tydens sy twee jaar in Singapore, en Simon Kruger het dit gemaster vir CD in 2007, ‘n jaar nadat Pelzer teruggekom het. Dit is in Junie 2007 gerelease.
