Op Vrydagaand, 7 Maart, 2008 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens drugraids uitgevoer op drie pubs in Stellenbosch – Die Mystic Boer, Bohemia en Springbok pub. Gedurende die verloop van die raids het die polisie oor etlike toue getrap. Hulle het onder andere skote afgevuur in vertrekke vol onskuldige mense, sonder provokasie gelaaide gewere direk op mense gerig, vrouens “deursoek” binne-in hulle onderklere en vele mense aangerand. Hierdie song is geskryf in reaksie daarop.
Woorde: Adriaan Pelzer, Musiek: Simon Kruger & Adriaan Pelzer, Vocals: Adriaan Pelzer
