Die song Hoëveld is ‘n sinspeling op die gedig van Toon van den Heever met dieselfde naam. Toe Oom Toon sy gedig geskryf het, was die hoëveld sonder blackwattels, oopgroefmyne, brak fonteine, kragstasies en Sasol-aanlegte. Die hoëveld was soos die antitesis van die woestyn. Ewe oop, kaal en leeg, maar met volop water en weiding. Hierdie song gaan oor die nuwe hoëveld – die vuil ene.
Woorde: Adriaan Pelzer, Musiek: Simon Kruger & Adriaan Pelzer, Vocals: Adriaan Pelzer
