Al NuL se musiek is gratis. Mahala. Ons doen dit omdat ons glo dat musiek nog nooit enigiets anders as gratis was nie. ‘n CD is nie gratis nie, en live gigs ook nie, maar musiek is. Punt. Maak nie saak wat die RIAA sĂȘ nie.

Al ons musiek is Creative Commons gelicense, wat beteken dat jy dit mag copy, versprei, in die stort sing, vir jou hond voer, op jou iPod copy, op jou vriende se iPods copy, en so aan. Jy mag daarmee maak nes jy lus kry. Jy kan dit selfs op ‘n stapel gooi en verbrand.

Een is ons eerste CD, en jy kan dit download deur op die linkerkanste vuurbal hieronder
te click. Twee is ons tweede CD, en dis by die middelste een. Jy kan Twee koop ook. Drie, ons derde CD, is beskikbaar by die vuurbal op die regterkant en, as jy wil, kan jy hom koop. Die songs onder die “onvrygestel” link (middel) is al die songs wat dit nooit tot op ‘n CD gemaak het nie, of die nuwe songs wat nog nie op ‘n CD is nie. Download en Geniet!

Gaan gooi ook ‘n ogie oor die “Pirate Please” inisiatief (click op die kopbeen). Dis waar jy enige van ons CD’s as geheel met CD booklets en al kan download sodat jy jou eie CD’s kan maak. En niemand gaan met jou raas of jou arresteer of beboet nie.