Chris – ‘n onbeantwoorde vraag
Hierdie post is bedoel vir almal wat vir Chris Erasmus geken het.
Soos julle weet, het Chris op sy verjaarsdag, 15 Februarie 2010, selfmoord gepleeg. Dit los almal van ons met ‘n klomp vrae, maar die vraag wat die meeste opkom by almal wat hom baie goed geken het, is: Wat moes ek gedoen het om te keer dat dit gebeur?
Enige vorm van verwyt, veral selfverwyt, is ‘n baie onproduktiewe emosie, omdat dit gebaseer is op die hoop dat daar iets verander kan word aan die hede deur te tob oor iets in die verlede. Dis belangrik om eerstens te besef dat dit nie so werk nie. Chris is dood. Ons kan dit nie verander nie.
In Chris se geval is daar egter nog minder rede vir verwyt, want wat Chris doodgemaak het is niks wat met hom gebeur het nie. Almal wat hom baie goed ken weet dat Chris aan sporadiese depressieaanvalle gely het, en ook dat hy besluit het om dit sonder medikasie te hanteer. Hierdie is ‘n besluit wat ek ten volle respekteer, en ek glo, ten spyte van hoe dinge nou lyk, dat dit die beste ding vir hom was om te doen. Chris se selfstandigheid was vir hom baie belangrik, en ‘n chemiese kruk sou hom daarvan ontneem het, en net slegter laat voel het.
Chris Erasmus, Über-rampokker. Gaan jou geweldig. Die skokgolwe trek verwoestend deur die see van mense wat jou liefhet. Alhoewel ons baie spyt is dat ons jou nie meer vir onsself kan hê nie, is ons vir jou part verlig dat jy verlos is van die monster (alhoewel Dave se ek praat kak). Tot later, my ou vriend.
6 Responses to “Chris – ‘n onbeantwoorde vraag”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
[...] As jy vir Chris geken het, lees hier. [...]
Thanks vir die post Adder
Sure man – en baie dankie vir joune ook.
Ek dink ek stem nogal saam
Я бы не хотел развивать эту тему….
……
[...] Hierdie song is geskryf vir Über-Rampokker Chris Erasmus (r.i.p.) [...]