Welkom by die musiek van NuL. Al die musiek op dié site is Creative Commons gelicense, wat beteken dis gratis. Jy kan dit download, copy, versprei, op jou eie site sit, daarmee DJ, watookal, solank jy net sê dat NuL dit gemaak het as iemand vra, en solank jy dit nie verander of probeer verkwansel nie. Jy’s welkom om dit te remix, kontak ons as jy iets in gedagte het, dan stuur ons vir jou sample packs van die song(s) wat jy wil remix. As jy nuus van ons af wil kry, registreer op die link bo die menu. Click op die prentjies hieronder, of die menu hierbo.


Nuutste Song :: Chris

19 July 2010


Ons nuutste song, nogal ‘n baie lekker een, was glad nie so lekker om te skryf nie. Daarom het dit so lank gevat om klaar te maak – Chris


Nuwe Sample Packs

3 June 2010


Ons het nog ‘n klomp Sample Packs van ons songs gemaak. Remix gerus, en stuur vir ons die resultate – ons sal graag wil hoor!


Chris se begrafnis

18 February 2010

Chris se begrafnis word gehou Saterdag, 20 Februarie 2010 om 10:00, by die Grobbelaars & Church Street begrafnisdienste kapel, op die hoek van Annie Bothalaan en Unionweg, Riviera, Pretoria (kaart)


Chris Erasmus

17 February 2010

As jy vir Chris geken het, lees hier.


Chris

16 February 2010

Ons het nou net die aaklige nuus gekry dat ons baie goeie vriend van baie jare, die ou wat altyd ons kamera’s en ligte geoperate het, en die ou vir wie Über-Rampokker geskryf is, nadat hy met sy bike deur Wes-Afrika al die pad Spanje toe is, laasnag (15 Februarie 2010) oorlede is. Chris – jy los ‘n baie groot gat … gaan jou geweldig, my vriend.


Meester Mike

15 February 2010


Ons het ‘n bietjie fanboy getrek op Mike Patton. Want hy’s amper so goed soos ons. Of maybe net so goed. Gaan check dit uit. Nou!


Remix NuL

20 January 2010

Ons het ‘n paar sample packs op die site gegooi, vir die wat tunes gooi op julle calculators, en ons songs wil remix. Die res van julle – jy kan dit download as jy wil hoor hoe klink die stukkies waaruit ons songs gebou is. Rou, kaal, en sonder effects. NuL sonder die icing.


Nuwe Foto’s

13 January 2010

Ons goeie vriendin, gatskop joernalis, swaaier van die vernuftige lens, katvrou, het ‘n klomp gatskop foto’s van ons geneem by die Bohemian. Gaan check hulle uit, en masseer jou oog ‘n bietjie.


Welkom Watkykjy Wilde Wragtags

29 November 2009

Watkykjy het dit wragtag weer gedoen – hulle het ons gelink (wat natuurlik die sitestats deur die dak gestuur het). Dankie, Rampokkers!


Splinternuwe Site

12 November 2009

Rampokkers!

Welkom op ons splinternuwe website. Ons dreig al jare lank om die website ‘n deeglike Springcleaning te gee, en dit het toe ontaard in ‘n totale oorbou. Vinniger, Beter, Sterker …

Die site is veronderstel om makliker te navigate, en hy’s nog steeds veronderstel om mooi te lyk in alle browsers behalwe Internet Explorer (wat, na al die jare, die hele “web” ding nog steeds nie so lekker regkry nie).

Ons het ook uiteindelik Drie ge-upload – kry hom by die Musiek link. As jy die hele CD op een slag wil download, CD booklet en al, click op die Pirate Please link onder Musiek. Dit vat jou na ‘n page toe waar jy al ons CD’s kan download as volledige packages met booklet, artworks en al.