Chris – ‘n onbeantwoorde vraag

Hierdie post is bedoel vir almal wat vir Chris Erasmus geken het.


Soos julle weet, het Chris op sy verjaarsdag, 15 Februarie 2010, selfmoord gepleeg. Dit los almal van ons met ‘n klomp vrae, maar die vraag wat die meeste opkom by almal wat hom baie goed geken het, is: Wat moes ek gedoen het om te keer dat dit gebeur?

Enige vorm van verwyt, veral selfverwyt, is ‘n baie onproduktiewe emosie, omdat dit gebaseer is op die hoop dat daar iets verander kan word aan die hede deur te tob oor iets in die verlede. Dis belangrik om eerstens te besef dat dit nie so werk nie. Chris is dood. Ons kan dit nie verander nie.

In Chris se geval is daar egter nog minder rede vir verwyt, want wat Chris doodgemaak het is niks wat met hom gebeur het nie. Almal wat hom baie goed ken weet dat Chris aan sporadiese depressieaanvalle gely het, en ook dat hy besluit het om dit sonder medikasie te hanteer. Hierdie is ‘n besluit wat ek ten volle respekteer, en ek glo, ten spyte van hoe dinge nou lyk, dat dit die beste ding vir hom was om te doen. Chris se selfstandigheid was vir hom baie belangrik, en ‘n chemiese kruk sou hom daarvan ontneem het, en net slegter laat voel het.

Chris Erasmus, Über-rampokker. Gaan jou geweldig. Die skokgolwe trek verwoestend deur die see van mense wat jou liefhet. Alhoewel ons baie spyt is dat ons jou nie meer vir onsself kan hê nie, is ons vir jou part verlig dat jy verlos is van die monster (alhoewel Dave se ek praat kak). Tot later, my ou vriend.

Meester Mike

Die meeste van Mike Patton se fans ken hom as die leadsinger van die semi-supergroup Faith No More. Hoeveel van julle het al enigsins enigiets van Fantômas, Tomahawk, Mr Bungle, of enige van sy solo stuff, soos Adult Themes for Voice, gehoor? Hmmm – ek het so gedink, ja.

Ok, so die storie loop so. In 1996 is ons ‘n klomp vriende wat in ‘n band speel en hope en hope draks doen en kyk hoe weird ons die goed wat ons by ons ore inpomp kan kry. Ek het pas my hele Frank Zappa opvoeding by die Hatfield vlooimark in Pretoria gekoop, ‘n LP per maand vir ‘n jaar lank, en die boundaries het gewag om gepush te word. Daar bring iemand toe vir ons hierdie kak (nie die video nie, maar ‘n CD van ‘n ou met die naam John Zorn genaamd Naked City):

Nie lank daarna nie, bring ‘n moerse spaced-out dude eendag vir ons Mr Bungle se Disco Volante, produce deur John Zorn, wat min of meer so klink (hierdie is nie die CD weergawe nie, maar ‘n demo):

En sedertdien is Mike Patton een van my grootste heroes. Ek meen, hoe anders? Checkituit:

Newer Posts | Older Posts